Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Bosmens " deur PETRA MULLER
" Bosmens " deur PETRA MULLER [boodskap #65362] Sa, 10 Augustus 2002 22:21
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

BOSMENS
Petra Muller

Ons wat uit die gesellige laelande padgegee het
uit die dampkring van die herbergiers
- ons skepe vaamloos oor die see

Ons wat die oortog gemaak het
en onder die kantelende kruismas snags verbysterd
die sterre sien stroom het

Ons wat op 'n nuwe kontinent gewag het
en dit toe self kon werf -

Hier op die strand vol blouklip en suring staan ons
huisloos soos klipvolk soos die blootste strandmens
van die nuwe domein.

Hoor julle hoe huil die jakkals ons aankomslied?
Bou nou vir my die skerm:
skerm wat ook nooit die koue
van ons nuwe vaderland sal afkeer nie -

Hier waar ons intrek by die swart klippers
en die geradbraakte bome,
en maak ons toe met wolkies, wolkies,
want vannag sal dit oor ons ontblote liggaam dou.
Vorige onderwerp: Uit " Die dye trek die dye aan " deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: " Ballade op die dronkparty " deur G.A. WATERMEYER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 11:39:08 MGT 2024